Month: Augustus 2019

Beloftes, beloftes

Wanneer mense met ’n sug sê: “Beloftes, beloftes,” is dit gewoonlik nadat hulle teleurgestel is deur iemand wat nie ’n belofte nagekom het nie. Hoe meer dikwels dit gebeur, hoe groter die hartseer en hoe dieper die sug. Het jy al ooit gevoel dat die Here nie sy beloftes nakom nie? Dis ’n houding wat baie subtiel en geleidelik ontwikkel…

Dis tyd om volwasse te word

Terwyl ek eendag deur ’n boekwinkel gestap en na verjaarsdagkaarte gekyk het, het ek op ’n kaartjie afgekom wat my nogal laat glimlag het. Die boodskap het so gelui: “Jy is net eenmaal jonk, maar jy kan vir altyd onvolwasse bly.” Die kaart het my laat dink. Dis ’n besondere gedagte om te dink jy hoef nie ouer te word…

Mozart se geliefkoosde voël

Mozart word as ’n musikale genie vereer. In een geval is hy selfs deur die melodie van ’n voël geïnspireer. Mozart het ’n spreeu as troeteldier gehad en die voël se sang het hom so geïnspireer dat party mense beweer dat hy ’n stuk musiek gekomponeer het gebasseer op die melodie van die spreeu se getjirp. Voëls was ook vir…

Groewe en roetines

Die somer is my geliefkoosde seisoen. Ek hou van die rustige dae wanneer ek soms party van my normale roetines kan laat vaar, sonder om skuldig te voel. Om nuwe dinge te doen, nuwe plekke te sien en myself tyd te gun om die natuur te besigtig, vernuwe my gees en herstel my entoesiasme vir lewe en werk. Die somer…

Ware voorspoed

’n Paar jaar gelede het Citicorp, ’n bankgenootskap, ’n aantal reklameborde oor finansies aangebring. “Geld verwissel van hande – pas net op dat dit jou nie verander nie!” “Indien mense sê dit lyk of jy van geld gemaak is, moet jy aan jou persoonlikheid werk.” Hierdie advertensies het ’n nuwe perspektief op rykdom gegee. God het ook ’n verrassende siening…

Liefde vir mekaar

Dis baie moeilik om Christene aanstoot te gee. Van nature is Christene baie vergewensgesind, begrypend en bedagsaam, ja, die mees bedagsame groep mense waarmee ek nog ooit te doene gehad het. Hulle verwag nooit die slegste nie. Hulle verstaan dat mense verskillende perspektiewe mag hê. Hulle word nie gou kwaad, vergewe maklik en tree nooit hals oor kop op nie,…

Magtiger as almal

Die Iguazu watervalle op die grens van Brasilië en Argentinië, is ’n skouspelagtige watervalsisteem wat uit 275 valle bestaan en oor 2.7 kilometer van die Igazu rivier strek. Op ’n muur, aan die Brasiliaanse kant van die valle, is die volgende woorde aangebring.”Hoog bo die geraas van baie waters, hoog bo die golwe van die see, troon die Here in…

Een geheimsinnige God

Ek en my vrou verstaan mekaar nie altyd so goed nie. So is dit byvoorbeeld vir haar onbegryplik dat ek na ’n hele bofbalwedstryd kan kyk, terwyl nie een van die spanne ’n kans het om die eindrondtes te haal nie. En ek kan weer glad nie haar liefde om inkopies te doen, verstaan nie. Om iemand baie lief te…

Vryheid

Geruime tyd gelede het my vrou besluit dat om binne die spoedbeperking op paaie te hou, vir haar groot vrede gee. Sy sê: “Ek het niks nodig nie, ek hoef nie vir verkeerspolisie bang te wees nie en ek hoef nooit bekommerd te wees dat ek ’n boete sal moet betaal omdat ek te vinnig gery het nie.” Selfs wanneer…

Kosbare naasbestaandes

Toe ek verneem dat Dawid in die kantoor was vir ’n bestuursvergadering, was ek opgewonde. Ons het ’n goeie, gemeenskaplike vriendin gehad, Sharon, wat ’n paar jaar tevore oorlede is. Ons het dus ’n paar minute tyd gehad om oor haar na te dink en te gesels oor haar lewe en haar liefde vir die Here. Hoe heerlik om met…